Ludwig Wittgenstein

Ludwig Wittgenstein
Ludwig Wittgenstein in 1910

Geboortenaam Ludwig Josef Johann Wittgenstein
Gebore 26 April 1889
Wene, Oostenryk-Hongarye
Oorlede 29 April 1951 (op 62)
Cambridge, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vakgebied Logika, metafisika, taalfilosofie, filosofie van die wiskunde, filosofie van die gees, Epistemologie
Beïnvloed deur Gottlob Frege, Johann Wolfgang von Goethe, Søren Kierkegaard, G. E. Moore, Oswald Spengler, Piero Sraffa, Otto Weininger, Bertrand Russell, Arthur Schopenhauer, Baruch Spinoza, Leo Tolstoi, Heinrich Hertz, Hermann von Helmholtz
Invloed op Jacques Derrida, Bertrand Russell, G.E. Moore, Frank P. Ramsey, Weense Sirkel, Rudolf Carnap, Alan Turing, G.E.M. Anscombe, Gilbert Ryle, Saul Kripke, Daniel Dennett, John Searle, Hans Sluga, Peter Hacker, Stephen Toulmin
Handtekening

Ludwig Josef Johann Wittgenstein (26 April 188929 April 1951) was 'n Oostenrykse filosoof wat hoofsaaklik in logika, die filosofie van wiskunde, die geestesfilosofie en die taalfilosofie gewerk het.[1] Hy het aansienlike invloed op die 20ste eeuse filosofie gehad, veral in die analitiese stroming, waarin hy as een van die groot geeste beskou word.

Voor sy afsterwe op 62 jarige ouderdom [2] was die enigste boek-lengte stuk wat hy geskryf het die Tractacus Logico-Philosophicus, en sy Philosophische Untersuchungen (Filosofiese Ondersoeke) is kort na sy dood gepubliseer. Beide hierdie werke word hoog aangeslaan in analitiese filosofie, al is daar 'n duidelik verskil tussen die 'vroeë' en 'latere' Wittgenstein en die Ondersoeke 'n breking met die filosofie in die Tractacus is.[3][4]

  1. "Time 100: Scientists and Thinkers". Time Magazine Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2009. Besoek op 29 April 2006.
  2. Give Him Genius or Give Him Death. Artikel deur Anthony Kenny, New York Times
  3. Wittgenstein’s Significance Geargiveer 20 Augustus 2008 op Wayback Machine, artikel deur Mark J. Cain, Philosophy Now 2001
  4. Avrum Stroll 20th Century Analytic Philosophy, pp. 113-146, Columbia University Press, 2000 ISBN 0-231-11220-3

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne